Kom Ry Saam het ontstaan uit die pure passie vir avontuur en plesier motorfiets ry in ons land. Ons nooi graag almal uit om deel te word van die wonderlike groep en hoop dat almal hulle ritte en passie hier sal deel met ander.

Ons probeer huidiglik om elke maand n uitrit te reel om ryers bymekaar te bring en meer vriende te maak. Kyk Gerus na ons Toekomstigge uitritte blad vir meer inligting.

Alle uitritte word gespesifiseer of dit grondpad teerpad of beide is en ons nooi enige motorfiets ryer om saam te ry en dit te geniet.

Ons hou maandeliks n foto kompetisie op ons Facebook blad. Ons wil graag he almal moet betrokke raak hierby sodat die idee kan groei.

Roetes verskil in gradering. Daar sal meeste van die tyd vooraf bespreek word wat die gradering van die roete wat ons gaan ry is n indien ons nuwe ryers saamvat is daar altyd mense betrokke wat advies sal gee.