UItrit Terugvoer

Rankins 2015

Vroeg oggend het ons bymekaar gekom te Petroport N1 Noord.  ons het vinnig weggespring en vertrek na Warmbad. Daar aangekom het die manne met die klein tanks vol gemaak en ons ander het drinkgoed gekry. Sekere van die groep het besluit om eerder bietjie die dorp te gaan besoek en ons het hulle gegroet en die pad gevat, op die grondpad was dit heerlik, baie sinkplaat maar tog wel heerlik. stadig gevorder en gespeel deur die eerste kloof en gestop vir n breek.

Van hier af het ons in Thabazimbi rigting beweeg en ons kon sien laat die swak reenval die aarde maar dor gemaak het. Die paaie was erg droog en soos altyd waar dit droog is is sandmonsters. die sand was duk en het van ons lelik beet gekry. ons het deur die gemors gewerk en uieindelik deur Rankins pass gery.

Van hier af was dit redelik klipperig en toe was daar die bietjie oop spasie waar ons vir die waaghalse gese het om maar vooruit te skiet en te geniet. Ons het n breuk gevat en so 10 minute later ook weg gespring agter hulle aan. Raai wat? om die eerste draai begin die sand weer. ons stoei toe daardeur en die stukkie pad wat altyd vir my n hoofweg was is ook vol sand. Stadig maar seker het almal by die teerpad uitgekom en ons kon Vaalwater Big 5 gaan besoek vir ietsie om te eet. Klaar geeet het ons almal maar die teerpad gekies om ons huis toe te bring want lywe was moeg en seer gestoei met die sandmonster.

Baie dankie aan elkeen wat deelgemaak het julle het dit werklik lekker gemaak.

Tot volgende keer

Hou die wile op die stof en die stof op die wiele.

 

Breedtsnek 2015

Sal Volg

Kanale Uitrit 2015

Wat n wonderlikke uitrit was dit nie.

Die dag het begin sonder koue en mens kon voel die seisoene het gedraai. Ons het bymekaar gekom te Sasol Thatchfield en na n lang gewag agv Johan wat sonder petrol gaan staan het, het ons vertrek. Die stofpaadjie was baie genotvol en ons het n verkeerde draai gemaak wat die navigator se kop deurmekaar gemaak het wat ons op die roete sou lei. Ons het toe maar besluit om n klip in die bos te gooi en die treinspoor roete gekies. Met aankoms by die treinspoor was daar n kanaal tussen ons en die paadjie en ons moes maar plan sien om die fietse oor te kry met n konkryt slab. Ons was skaars 2 minute by die “bruggie” en ons het seker 40 swart kinder spektators gehad wat kom kyk hoe ons die kanaal aandurf. Met n gejuig met elke kruising van die fietse het hulle ons aangestaar.

Van daar af het ons die paadjie gevolg en elke dan en wan n klein rivier kruising gekry. Ons het stadig aanbeweeg en so af en toe gestop en net bietjie die dorre natuur bewonder wat droog is na die winter. Ons het aanbeweeg en by die teer gekom net so kort stukkie vanaf beestekraal waar ons sou eet en aangesien ons redelik honger geraak het sommer die teer gegryp en geskuif tot daar.

Daar aangekom het ons geeet en lekker gesels met nuwe en oud vriende wat deelgeneem het aan die uitrit. Die meerderheid het besluit dat ons nog so entjie moet ry op die lekker stofpaaie en ons het koers gekies in die granite myne se rigting. Dit was n baie sinkplaat pad en het ons gou reg geskud na die ete van vroeer. ons het langs die kanale gery en op die einde op die teer geklim by Marikana en die teer aangepak terug harties toe.

Op Harties het ons gou gestop en diegene gegroet wat wou pad kies en elkeen het sy eie rigting voort gegaan.

Wat n lekker dag in die saal. Persoonlik het ek 320km op die klok gesit en dit was elke meter werd. Dit was n lekker uitstappie en n plesier om weer nuwe vriende te kan maak.

Tot volgende keer. Hou die wiele op die sand.

Naweek Wegbreek 2015

Sal Volg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *